


Meer oor ons
Oor JeugTrust
Die Weskaaplandse Jeugtrust is in 1979 deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement gestig nadat ’n dringende behoefte vir buitelugopvoeding as deel van die kurrikulum geïdentifiseer is. As geregistreerde skool het Jeugtrust projekte ontwikkel wat aan leerders die geleentheid bied om interaktiewe leer in die natuur weg van die tradisionele klaskamer te ervaar. Die reeds gevestigde projekte betrek byna alle leerareas op ’n geïntegreerde wyse. Projekte word ook dikwels hersien en aangepas na gelang van veranderende behoeftes en kurrikulums.
Jeugtrust se SACE-geregistreerde opvoeders bied nagenoeg 70 projekte aan waaraan sowat 6 000 leerders jaarliks deelneem.
Besoekende skole kies vooraf self watter projekte en taal van aanbieding vir hulle kinders geskik is.
