JeugTrust Logo

Wemmershoek

Meer oor Wemmershoek

Geleë aan die rand van die Drakensteinvallei, langs die R301, is die pragtige Wemmershoek Voortrekker Terrein. Die terrein beslaan nagenoeg 90 hektaar en spog met vier verskillende areas, elk met eie geriewe waar projekte aangebied kan word. Goedversorgde fasiliteite en meer as genoeg spasie maak hierdie terrein baie gewild. ’n Privaat staproete, kronkelend deur ongerepte fynbos, beloon stappers met ’n asemrowende uitsig oor die Drakensteinvallei met sy ryk kultuurhistoriese geskiedenis.

PROJEKFOKUS: Groepsdinamika, Sosiale Verantwoordelikheid, Fynbos, Indringerspesies, Voedselkettings, Opvangsgebiede, Aragnoïede, Bobbejane, Kultuurhistoriese Geskiedenis.