JeugTrust Logo

Oppiesee

Meer oor Oppiesee

Die Melkbos Kultuursentrum Oppiesee Terrein, onder die bestuur van die Departement van Kultuursake en Sport (DCAS), is soos van die naam afgelei kan word op die strand gebou, met onbelemmerde uitsig op Tafelberg en Robbeneiland. Die terrein is geskik vir groepe kleiner as 60 en geriewe sluit in: ’n lesingsaal, eetsaal, kombuis, kaggel, en binne- en buite braaiareas. Hierdie terrein is beslis enig in sy soort in die Wes-Kaap.

PROJEKFOKUS: Groepsdinamika, Sosiale Verantwoordelikheid, Navigasie, Oorlewing, Rotspoelstudie, Skaaldiere, Branderwerking, Getye en Getysones, Seestrome, Seestropery en Volhoubaarheid, Omgewingskuns, Tegnologie.