


Melkbosstrand
Meer oor Melkbosstrand
Die Melkbos Kultuursentrum, onder die bestuur van die Departement van Kultuursake en Sport (DCAS) is perfek geleë vir die aanbieding van onvergeetlike seeprojekte. Met Tafelberg en Robbeneiland as agtergrond, kry besoekers hier ’n ware kuservaring. Netjiese slaap - en badkamergeriewe, ’n groot saal en netjiese kombuis verseker dat hierdie terrein vir beide binnenshuise- en buite-aktiwiteite geskik is.
PROJEKFOKUS: Groepsdinamika, Sosiale Verantwoordelikheid, Navigasie, Oorlewing, Rotspoelstudie, Skaaldiere, Branderwerking, Getye en Getysones, Seestrome, Seestropery en Volhoubaarheid, Omgewingskuns, Tegnologie.
