JeugTrust Logo

Jonkershoek

Meer oor Jonkershoek

Die Okkie Jooste Kultuursentrum word deur die Departement van Kultuursake en Sport (DCAS) bestuur en is in die pragtige Jonkershoekvallei net buite Stellenbosch geleë. Die terrein spog met twee sale vir die aanbieding van lesings, terwyl die kristalhelder swembad en groot grasperk ideaal is vir buite-aktiwiteite. Die opwindende hindernisbaan sorg vir genoegsame uitdaging, terwyl die kronkelende staproete deur die Jonkershoek Reservaat ’n onvergeetlike uitsig oor Stellenbosch en die Jonkershoekvallei bied.

PROJEKFOKUS: Groepsdinamika, Probleemoplossing, Fynbos, Indringerspesies, Voedselkettings, Skaaldiere, Opvangsgebiede, Persoonlike Uitdaging, Kultuurhistoriese Geskiedenis.