JeugTrust Logo

Bainskloof

Meer oor Bainskloof

Die Bainskloof VCSV-terrein is geleë op die hoogste punt van die pragtige R301, oftewel die Bainskloofpas. Die asemrowende uitsig en kristalhelder poele vol maalgate in die Witterivier verseker ’n ongelooflike ervaring. Verder spog die terrein met ’n fynbos-staproete en uitsigte oor Wellington en die Paarlvallei. Gereelde besoeke deur plaaslike bobbejaantroppe sorg altyd vir ekstra opwinding.

PROJEKFOKUS: Groepsdinamika, Sosialisering, Fynbos, Kaartwerk, Rivierekologie, Vorming van Maalgate, Voedselkettings, Aragnoïede, Bobbejane, Kaapse Bergluiperd, Nagbelewing.